'n Restaurant (of restourant) is 'n besigheid waar etes voorberei en aan kliënte (teen betaling) bedien word. Restaurante het gewoonlik gedekte tafels en sitplek waar kliënte kan sit en eet en moontlik iets drink. Sommige restaurante bedien wegneemetes en ander het 'n afleweringsdiens wat etes aflewer. Saam met hotelle, B&B's en kafees vorm restaurante deel van die gasvryheidsbedryf.